Die Invloed van Ouers
“Jy as ouer bepaal wat jou kinders sal word en wat hulle sal doen.”
| Hanteer jou kinders met eerbaarheid en getrouheid. |
Kinders is die produk van hul ouers se opvoeding, dissipline en voorbeeld. Daarom is die ouerlike getrouheid om jongelinge op te voed vir diens tot God van uiterste belang. Kinders moet van kleins af die heiligheid van godsdienstige verpligtinge geleer word. Dit is die belangrikste deel van hul opvoeding. Ons Goddelike plig moet prioriteit geniet voor enige ander plig. Die streng onderhouding van God se wet, vanuit beginsel, moet aan die kinders geleer word en toegepas word.
“Hy tog het ‘n getuienis opgerig in Jakob en ‘n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het—om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ‘n koppige en wederstrewige geslag, ‘n geslag met ‘n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.”
Hanteer jou kinders met eerbaarheid en getrouheid. Wees dapper en geduldig. Vrees geen kruis, bespaar glad nie op tyd of werk, las of lyding nie. Die toekoms van jou kinders sal die karakter van jou werk toon. Jou getrouheid aan Christus kan op geen ander manier beter getoon word as in die simmetriese karakters van jou kinders nie. Hulle is Christus se eiendom, gekoop met Sy bloed. As hulle net deur Christus beïnvloed word, word hulle medewerkers om ander te help om die weg van die lewe te vind. Indien jy jou Godgegewe werk verwaarloos, plaas jou onwys en ongedissiplineerde keuses jou kinders onder dié wat mense van Christus verstrooi en dit versterk die koninkryk van die duisternis.
Hanteer jou kinders met eerbaarheid en getrouheid.
Uittreksels uit die pen van E.G.WHITE.
