Sosiale Ontwikkeling van Kinders

Leerders moet weet dat hulle nie onafhanklik staan nie, maar dat hulle die draad is wat saam met ander drade die stuk materiaal vorm. Op skool word kinders blootgestel aan geleent-hede wat, indien dit gebruik word, kan bydra tot die ontwikkeling van die sosiale eienskappe van hul karakters. Dit is binne hul bereik om hul eie tyd en geleenthede om hulle karakter te ontwikkel  so te benut,  sodat hulle gelukkig en bruikbaar kan wees. Dié wat hulself toesluit binne hulself, wat onwillig is om deur ander genader te word om ander te seën deur vriendelike omgang, verloor baie seën. Deur wedersydse kontak word die gemoed verfyn. Deur sosiale omgang word kennisse gemaak en vriendskappe gesluit, wat uitloop op eenheid binne die hart, asook ‘n atmosfeer van liefde, wat deur die hemel geseën word.

Laat ons Christelike belangstelling, simpatie en liefde bewys.

Dié wat die liefde van Christus ervaar het, kan hul sosiale eienskappe ontwikkel om sodoende siele vir ons Verlosser te wen. Christus behoort nie in die hart weggesluit te word as ‘n kosbare skat, heilig en dierbaar, om net self te geniet nie. Ook behoort ons die liefde van Christus nie net te bewys aan dié van wie ons hou nie. Kinders behoort te leer omtrent die Christelik-heid van sorgsame belangstelling, sosiale ingesteldheid, ook teenoor die wat in die grootste nood verkeer, selfs al is dit nie hul eie maats nie. Jesus het onder alle omstandighede en te alle tye ‘n liefdevolle belangstelling getoon in die mense se gemeenskappe en het die lig van vrolike gelowigheid om Hom gewerp.  Kinders moet geleer word om Christelike belangstelling, simpatie en liefde te toon aan hul jong maats en poog om hulle na Christus te trek. Laat Christus in hul harte heers om ‘n fontein van water voort te bring wat uitloop in die ewige lewe tot verkwikking van almal met wie hulle in aanraking kom.

Vanuit die pen van

E.G.WHITE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *