Probeer om uit te munt

”Die wat sterker breinkrag wil ontwikkel, kan dit doen deur ywer.” 

Groei… in genade, in selfvertroue, in selfbeheersing.

Leer die jongemense van kindsbeen af dat daar sonder arbeid geen voortreflikheid is nie. Om uitmuntenheid te begeer, sal nie voldoen nie. Jong vriend, jy sal die bergkruin nie bereik deur stil te staan en te wens jy was daar nie. Jy kan jou doel bereik alleenlik deur stap vir stap, miskien stadig, te vorder, maar met elke voorwaarste tree vas te trap. Dit is die energieke, volhardende werker wat die Alpe (of die Drakensberge) sal beklim. Elke jongeling behoort sy talente deegik te gebruik en sy geleenthede tot die uiterste toe verbeter.  Hy wat dit doen, sal op sedelike en intellektuele vlak byna enige hoogte bereik.  Maar hy moet ‘n dappere en besliste gesindheid hê.  Dit sal vir hom nodig wees om sy ore vir die lokstem van plesier uit te sluit. Hy moet die uitnodigings van jong vriende dikwels van die hand wys. Hy moet voortdurend waak dat hy sy doel nie uit die oog verloor nie.

Laat ‘n stuk land onbewerk lê en dorings en distels sal daarop groei. Jy sal geen lieflike blom of kosbare struik ooit bokant die onaantreklike, giftige onkruid sien uitloer nie. Die waardelose steekdoring sal sorgeloos groei, maar plante wat bruikbaar of mooi is, moet deeglik bewerk word.  So is dit met ons jongmense. Om die regte gewoontes te vorm en die regte beginsels te vestig, moet naarstigtelik gewerk word. Om verkeerde gewoontes af te leer, is vlyt en volharding nodig. Dit is baie makliker om aan bose invloede toe te gee as om hulle te weerstaan.

Tensy hulle besef hoe belangrik dit is om die nodige verbeteringe in hulle karakters te maak, sodat hulle elke dag beter mense kan wees en daardeur in staat kan wees om hulle verantwoordelikhede te dra, sal hulle aan die verloorkant wees.

Groei in genade, in selfvertroue, in selfbeheersing. Wees elke dag meer gereed om jou met die koninklilke gesin in die hemelse howe te verenig.

Uittreksels vanuit die pen van E.G.WHITE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *